Ek loop nou al amper vir 2 weke en dink hoe ek die post wil maak, en het nog steeds nie n idee van hoe ek dit wil doen nie. Hopelik as ek begin, sal dit net gebeur, maar dit werk nie altyd so maklik nie.
Verlede Vrydag aand het ons uitgegaan pub toe, vir n paar drinks, en clever conversation oor die lewe en al die dinge wat jy kan aan dink as jy n paar doppe in jou het. (Jy het mos dan al die antwoorde, maar n clue wat die vrae is nie !!) So met die loop van die aand deur, kom sit daar n engelse tannie by ons, en vra die gewoone ou vrae:
“Jy is van SA af”, “Ja”, “hoe lank is jy al hier” “13 jaar” ens so gaan sy aan tot in fokken vervels toe. Al wat ek wil doen is my bier drink, en kak gesels, maar ek sien sy het so n halwe erenstige / mass murder look in haar oe, maar ek steur my nie daaraan nie.
Volgende oomblik vertel sy my (met oorgawe) ek moet oor myself kom, en as n wit / blanke Suid Afrikaner moet ek my kop in skaamte hang oor “my” geskiedenis. Vertel my dat “ons” (Suid Afrika) opgefok het, en dat ”ons” nou betaal vir “ons” sondes van die verlede. Sy kan verstaan dat die massa nou alles “terugvat wat van hulle weg gevat is was.”
Nou nie dat ek n verkriklik boffen op die geskiedenis is nie, of dat ek die “Luck 7 vlag” (AWB of enige regse organisasie) loop en swaai nie, of aan een of ander regse party behoort nie. Dit help ook nie ek probeer dit vir die teef verduidelik nie, want sover dit haar aangaan, is sy reg, en fok my, ek moet rond kruip en omverskoning vra. Die engelse ou wat saam met my by die pub was, probeer die gesprek toe nou in n ander rigting draai, maar dis nou hier wat ek n laer trek, en besluit ek gaan haar aanvat oor die kak wat sy braak hier in my ore. Dis toe nou die dat ek begin met my vrae, vrae soos:
“was jy al in SA gewees ?” “permanent of vakansie ?” “hoe lank ?” Waar ?” “Wanneer” -
Lang storie kort te maak, sy was in SA gewees op vakansie vir 2 weke so 3 jaar terug – en nou is sy n kenner oor SA se politiek, en geskiedenis. Dis toe nou hier waar ek haar verduidelik van “Africa Time” en “Africa politiek”. Fok weet wat ek alles gese het, maar dit glo sin gemaak (vertel die engelse ou wat saam met my was) Seker so na n uur se oor en weer, kon ek sien die tannie begin grip verloor, want sy kon my nie rattle nie, ek ek verduidelik elke vraag wat sy het. het die storie begin draai na wie nou eintlik al die kak gegin het (Die Ingilse), en dis waar sy my vertel sy is Skots – en dit was n teer punt toe ek haar se dat die Skotte net soveel kak aangejaag het, want hulle almal staan on die United Kingdom vlag. Toe ek dit se, kon ek sien sy is besig om dit te verloor – net so stil geraak, my so gekyk, en die volgende oomblik se sy vir my “You are a CUNT”
Nou sover ek weet, as jy daai taktiek gebruik, dan het jy verloor. En sy het dit geweet. So fok haar, en ek het dit gedoen sonder om persoonlik te raak.
Uit die hele gesprek is 1 ding baie duidelik. Die wereld (gewone man vrou op straat) voel fokkol wat in Suid Afrika aangaan. Hulle voel fokol oor die boere wat uitgemoor word of oor die geweld en misdaad nie, hulle voel fokkol oor die dienste wat nie gelewer word nie, hulle voel fokol vir Orania, of enige homeland (waaroor daar gedroom word) nie, fokkol oor corruption in die regering nie. Basies kan dit hulle nie pla nie, want dit gebreur iewers in die Suide van Afrika. Daar is meer problem in die wereld op die oomblik.
Soos ek se, ek is nie regs in enige van my sieninge nie, dink ek is middle of the road (wat dit ook al beteken), maar dit laat my altyd wonder hoekom of wat is die groot aantrekkings krag van n “eie Afrikaner staat” in die middel van nerens. Die dae van die ou SA is verby, dis geskiedenis, move aan. Hoekom word daar gedink die res van die wereld gaan alles drop, dis nie asof die res van die wereld iemand iets skuld in SA nie.
Vir die record, ek praat nog Afrikaans by die huis, al is ek al 13 jaar hier. Ek braai nog, luister nog na Afrikaanse musiek, steek nog in Afrikaans, baklei in Afrikaans, maar ek het aangemove.

Feb 07, 2012 @ 05:34:24
‘n Tien dae begeleide toer van kruger park tot op mandela se klip maak ekperts al die idiote .Die favorite is dan : van waar kom jy ? o , van welkom , in die vrystaat tusse die karoo en die bosveld …. blank look … in between cape town and gauteng …. dan kom daar ‘n liggie aan.
Feb 07, 2012 @ 11:20:12
He he he. Die ou teef. Haar ou suur doos dan ook. Ek sou like om hierdie storie op ‘n Audio boo te luister – sal my vrek lag.
Feb 07, 2012 @ 11:31:20
Audioboo is te kort om so n storie te vertel, maar ek sal kyk wat ek kan doen. Sal eers n paar doppe moet drink, sodat die storie lekker kan vloei.
Feb 10, 2012 @ 07:50:51
As jy glo dat die plaasmoorde ‘n probleem is dan is jy regs, as jy glo dat ons verdien word om uitgemoor te word bv. die plaasmoorde, dan word jy gesien as links.
Dit is een definisie.
Feb 10, 2012 @ 11:22:12
Jy maak n goeie punt met jou definisie. Ek dink die plaasmoorde is n probleem, wat my na die regterkant toe maak, maar ek dink ook moord in die algemeen is n probleem, maak nie saak van ras, kleur of agtergrond nie. Ek kan nie eers aan n voorstel dink hoe mens dit teweeg sal bring nie.